Cannes-rolprentfees 2003

  Cannes-rolprentfees 2003 

Datum 14-25 Mei 2003
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Monica Bellucci
Getal prente  20 (In Kompetisie)
19 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Fanfan la Tulipe
Afsluitingsfliek  Charlie: The Life and Art of Charles Chaplin
Palme d'Or  Elephant

Die 56ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2003 gehou. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Patrice Chéreau was die voorsitter van die jurie. Die Italiaanse aktrise en model Monica Bellucci het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 48 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Amerikaanse rolprent Elephant met Gus van Sant as regisseur, wat op die bloedbad by die Columbine-hoërskool geskoei is, het die Palme d'Or gewen.[2][3] Die fees is geopen met Gérard Krawczyk se Fanfan la Tulipe en afgesluit met Charlie: The Life and Art of Charles Chaplin van Richard Schickel.[4]

  1. "'Fanfan,' Bellucci to open Cannes fest". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
  2. "Cannes winners in full". BBC News (in Engels). 25 Mei 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
  3. "A disappointing Cannes finishes with controversial decisions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
  4. "Cannes Film Festival 2003 - Preview". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2013. Besoek op 10 Desember 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy